Quilt In Clarens
19 - 21 November 2020

"If life throws you scraps, make a quilt"


Annie se ABC – ANNIE DU TOIT

SGrootte:  162cm x 103cm

Dit is ‘n heerlike kwilt om te maak.  Verskeie tegnieke word geleer soos handappliek, 3D blomme, fotorame, 3 D appliekwerk, koekarretjies en handkwiltwerk.

Materiaal:

  • ±7/8  x  25cm of vet kwarte in verskeidenheid ligte kleure vir die agtergrond van die 28 blokke ( bv blare, kolle, strepe, blokke, ens)
  • ± 10  x 15cm in ‘n verskeidenheid medium en donker kleure vir die prente en randstroke om elke blok.  Klein stukkies materiaal wat geskik is vir die verskilende letters van die alfabet bv vissies … kyk na die lys van die alfabet onderaan die bladsy.  Bring ook jou afvallappies saam.
  • 20cm vir eerste rand
  • 65cm vir tweede rand
  • Benodigdhede:
  • Snymat, snyrollem, 12” liniaal
  • ‘Pinking Blade’ vir jou snyrollem (sigsag lem)  Maak seker vir die regte grootte volgens jou snyrollem of as jy het ‘n sigsag skêr, maar moenie ‘n skêr koop nie.
  • ¼ m appliekpapier
  • 2 velle Steam a Seam 2
  • ‘Applique pressing Sheet’
  • 1 tolletjie swart DMC Nr 8 of 1 stringetjie swart Stranded DMC borduurgaring
  • Masjien en ¼” voetjie
  • Gepaste kleur/neutrale kleur garing vir agtergrond materiaal
  • Neutrale kleur garing vir medium en donker materiaal
  • Borduurnaald met skerppunt
  • Pigmapen  bruin/swart
  • Verskeidenheid knope:  groot, medium en klein, reënboogkleure, swart knope vir wiele, blomme, harte, letters, diere, ens.   Bring jou ma of ouma se knopeblik saam.  Fluitjie, sleutels, ou teelepel, kruisie, ‘charms’, foto’s ens
  • Wol vir leeu se maanhare
  • Stukkie karton vir leeu se maanhare (ontbytgraanboks) 1½” x 7”

Alfabet waarvan prente voorsien word:  appel, beer/blom, Christus, donkie, engel, fiets/fluitjie, gans, hand/haas, inkvis, jagluiperd, krokodil/kar, leeu, muis, naaldekoker, olifant, padda, quiche, reënboog, skilpad, taxi/teelepel, uil, vis, wurm, xilofoon, ysbeer en zebra  

Eie prente kan ook gebring en gebruik word.